Sylvester Stallone

Sylvester Stallone
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Stallone in Augustus 2012.

Geboortenaam Sylvester Gardenzio Stallone
Geboorte 6 Julie 1946 (1946-07-06)
New York-stad, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur, regisseur, draaiboekskrywer
Aktiewe jare 1970–tans
Webwerf www.sylvesterstallone.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sylvester Gardenzio "Sly" Stallone[1][2][3] (geb. 6 Julie 1946) is ’n Amerikaanse akteur, regisseur, vervaardiger en draaiboekskrywer.[4] Hy is bekend vir sy Hollywood-aksierolle, veral die bokser Rocky Balboa, die titelkarakter van die reeks Rocky-rolprente, in sewe prente tussen 1976 en 2015; die soldaat John Rambo van die Rambo-reeks tussen 1982 en 2008; en Barney Ross in die drie The Expendables-films tussen 2010 en 2014. Hy het die meeste van die draaiboeke in dié drie reekse geskryf of help skryf, en was die regisseur van baie.

In 1977 is Stallone vir twee Oscars benoem vir Rocky – vir beste oorspronklike draaiboek en beste akteur. Hy was net die derde persoon wat vir dieselfde rolprent in albei dié kategorieë benoem is, naas Charlie Chaplin en Orson Welles.[5] Hy het goeie resensies gekry vir sy uitbeelding van Rocky Balboa in Ryan Coogler se 2015-rolprent Creed, asook sy eerste Golden Globe en derde Oscar-benoeming.

  1. Felicity Thistlethwaite (15 November 2013). "Tango and dash? Sylvester Stallone reveals a very orange face as he heads out in New York". Daily Mail (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 4 Januarie 2014.
  2. "Sylvester Stallone". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 7 November 2014.
  3. Sylvester Stallone in die Internet-rolprentdatabasis
  4. "Don't give up the day job... Sylvester Stallone tries his hand at fine art with mixed results". Daily Mail (in Engels). 3 Desember 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018.
  5. "The 49th Academy Awards Memorable Moments". Oscars.org - Academy of Motion Picture Arts and Sciences (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy